(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml masala
  • 5 ml borrie
  • 5 ml komyn
  • 5 ml koljander
  • sap van halwe suurlemoen
  • 1 tamatie, in blokkies gesny
  • sowat 100 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 180 g fyn, dun groenbone

Verhit olyfolie in ’n kastrol. Braai uie en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg die masala, borrie, komyn en koljander by. Braai vir sowat 3 minute. Voeg die suurlemoensap
en tamatie by en braai vir nog so 3 minute. Gooi water by en geur met sout en swartpeper. Laat die sous kook vir sowat 10 minute. Gooi ekstra water by indien nodig. Dompel groenbone
in kookwater vir 5 minute. Dreineer en gooi die warm kerriesous oor.

Sit voor saam met
Lamsboud en geroosterde aartappels