(6 - 8 porsies)

  • 1 x 500 g-sak fyn klapper
  • 100 g botter, gesmelt
  • 100 g strooisuiker
  • 2 eierwitte
  • 1 x 250 ml-houer room
  • 1 x 250 ml-houer crème fraîche
  • 4 x 100 g-blokke donkersjokolade, grofgekap
  • 250 g vars bessies van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Meng klapper, botter, suiker en eierwitte saam in 'n mediumgroot mengbak. Dit moet die tekstuur van nat seesand hê. Voer 'n 30 cm-losboompan uit met bakpapier en spuit met kleefwerende sproei. Gooi helfte van klappermengsel in pan. Gebruik jou vingerpunte en druk teen rand van pan vas, al in die rondte tot bo. Gooi res van klappermengsel in pan en druk stewig vas op die bodem. Jy hoef glad nie presies te werk nie, hoe ruwer hoe beter. Sit in warm oond en bak vir sowat 15 minute of tot goudbruin. Laat heeltemal afkoel en verwyder pan se ring versigtig. Maak kors los van bodem met slaplem-mes en lig versigtig op opdienbord. Sit room en crème fraîche saam in 'n mediumgroot pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en voeg sjokolade by. Roer tot gladde mengsel. Gooi in gebakte kors en laat stol in yskas. Sit bessies bo-op en sit voor.

Wenk: Sprinkel heuning oor die bessies vir ekstra smaak.