(sowat 34 klein poffertjies)

  • 250 ml water
  • 100 g Stork Baking Margarine
  • 112 g koekmeel
  • 5 eiers
  • 500 ml Stork Crèmendous Dessert Crème
  • 30 ml versiersuiker, gesif
  • 200 g donkersjokolade
  • 60 ml versiersuiker, gesif

1. Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas die water en StorkBaking Margarine in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die koekmeel by en roer met ’n houtlepel tot dit ’n pasta vorm en van die kante van die kastrol wegtrek.

2. Verwyder die kastrol van die hitte. klits die eiers een  vir een by. klop die mengsel goed met die houtlepel ná elke byvoeging. Voer ’n bakplaat met bakpapier. Sit die mengsel in ’n spuitsak en spuit sirkels van so 2 cm op die bakpapier. Plaas in die oond en bak vir 25 minute. Haal uit en laat afkoel.

3. Klits die Stork Crèmendous Dessert Crème styf en voeg die 30 ml versiersuiker by. Sny elke poffertjie deur die middel oop met ’n skerp mes. Vul ’n spuitsak met die room en vul elke poffertjie daarmee. Smelt die sjokolade in ’n bak oor kookwater. Voeg die 60 ml versiersuiker by en meng goed. Smeer die sjokolade bo-op elke poffertjie.