• 350 g - 450 g langoestiene
  • 2 groot brandrissies
  • 75 ml olyfolie
  • 3 huisies knoffel, fyngedruk
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die rugkant van die langoestiene oop. Halfveer die brandrissies en verwyder die pitte. Verhit die olyfolie in ’n pan en voeg die steurgarnale, brandrissies en knoffel by. Braai vir ongeveer 3 minute oor hoë hitte tot pienk. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.