• 2 Franse brode
  • 250 g sagte botter
  • 6 knoffelhuisies, fyngekap
  • hand vol pietersielie, fyngekap

Sny die brode in snye van so 1,5 cm dik, maar probeer om die brood nie heeltemal deur te sny nie. Meng die botter, knoffel en pietersielie goed saam. Smeer die mengsel tussen die
snye in. Maak die brood goed toe met tinfoelie. Jy kan dit nou in die yskas hou, of, as jy dit onmiddellik wil bak, verhit jou oond tot 180 °C. Plaas die brood op ’n bakplaat. Bak dit
in die warm oond vir so 30 - 35 minute. Sit lekker warm voor. Maak sommer ’n hele paar brode en hou hulle in jou vrieskas vir ’n volgende keer. So ’n knoffelbrood kan maklik 2 - 3 maande gevries word. Draai dit in tinfoelie toe en plaas dan in ’n vriessak. Skryf die datum op die sak. So sal jy onthou hoe lank dit in die vrieskas was.