Genoeg vir 10

  • 2 x 250 g crème fraîche
  • 3 komkommers
  • 5 ml growwe sout
  • sap van ½ suurlemoen
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 2 ml suiker
  • 1 pak bronkors

Halveer die komkommers in die lengte en verwyder die pitte. Sny dit daarna in skywe en plaas dit in ’n vergiettes. Sprinkel met die growwe sout en laat dit staan vir 30 minute. Druk elke nou en dan die komkommer met jou hand af om seker te maak jy raak van die meeste vloeistof ontslae. Spoel die sout af en maak die komkommer droog met kombuispapier. Meng die suurlemoensap en die crème fraîche. Geur met sout en swartpeper en voeg die suiker by. Meng die sous met die komkommer en plaas dit in die middel van ’n opdienbord. Rangskik die bronkors rondom en sit voor.