genoeg vir 6-8

• 45 ml olyfolie

• 1x250 g-pakkie blokkiespek

• 2knoffelhuisies, fyngekap

• 500 ml room

• 12 baba-koolkoppe (savojekool), gehalveer

• 100 g parmesaankaas, gerasper

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 10 ml neutmuskaat

Verhit olyfolie in groot pot tot warm. Voeg spek by en roerbraai 5–8minute of tot goudbruin en lekker bros. Dis die brosheid wat die sous die lekkerste smaak gee. Voeg knoffel by en braai nog 1 minuut. Voeg room by en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat stadig prut tot room met helfte verminder het –8–10 minute. Terwyl room afkook, bring pot met sowat 3 cm water in tot kookpunt. Pak kool in water en plaas deksel op pot. Kook 5–8minute of tot kool gaar maar steeds ferm is. Verpulp roomsous met staafmenger (stick blender) tot glad. Voeg kaas by. Geur goed met sout en peper. Pak warm kool op opdienbord en gooi roomsous oor. Sprinkel neut oor en sit voor.