6 porsies

• 450 g lamsvleis-blokkies

• 8 sosatiestokkies, vir ’n uur in water geweek

• 45 ml olyfolie

• 1 ui, grofgekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 30 ml kerriepoeier

• 30 ml bruinsuiker

• 60 ml appelkooskonfyt

• 50 ml witasyn

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 500 g winkeldeeg

• koekmeel vir uitrol

Ryg lam op sosatiestokkies tot al die vleis op is. Verhit olyfolie tot warm in ’n middelslagpan. Voeg uie en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg kerriepoeier, bruinsuiker, konfyt en asyn by. Braai vir nog 5 minute.Geur goed met sout en swartpeper. Sit sosaties in warm sous en maak seker dis goed bedek. Laat marineer vir 45 – 60 minute.

Verdeel intussen deeg in 8 porsies. Druk effens plat en laat rys tot dubbel in volume op meelbestrooide bord. Verhit ’n riffelpan tot vuurwarm. Spuit goed met kleefwerende kossproei. Braai roosterkoeke in warm pan tot goudbruin en gaar, sowat 5 – 8 minute per kant. Hou eenkant en braai sosaties sowat 5 – 8 minute per kant of tot gaar. Sit warm voor met roosterkoeke.

KORTPAD-LAMSOSATIES MET ROOSTERKOEK KORTPAD-LAMSOSATIES MET ROOSTERKOEK
FOTO Donna Lewis