genoeg vir 6 -8

• 45 ml olyfolie

• 1ui, gekap

• 2knoffelhuisies, fyngekap

• 2selderystingels, gekap

• 1x250 g-pakkie blokkiespek

• 30 ml vinkelsaad

• 20 ml kerriepoeier

• 25 ml garam masala

• 2lourierblare

• 5ml gedroogde brandrissievlokkies

• 1kg kort lamskenkels (knuckles)

• 400 g tamaties, gekap

• 1x500 g-boks passata (tamatiepuree)

• sout en varsgemaalde swartpeper

• gerasperde skil van 2 suurlemoene

• hand vol pietersielie, fyngekap

Verhit oond tot 180 °C. Verhit 20 ml olie in groot oondvaste pot tot warm. Roerbraai ui, knoffel, seldery en spek 5–8minute of tot ui en spek goudbruin raak. Voeg vinkel, kerrie, masala, lourierblare en brandrissie by. Roerbraai nog 5 minute. Skep spekmengsel uit pot en hou eenkant. Verhit oorblywende olyfolie in dieselfde pot. Voeg skenkels by en braai 5 minute of tot bruin. Skep spekmengsel terug in pot saam met vleis. Voeg tamaties en puree by. Geur goed met sout en peper. Maak pot toe en bak 2–3uur of tot vleis sag is en van die bene loskom. Meng suurlemoenskil en pietersielie. Sprinkel oor bredie en sit voor.