• 3 rooi appels

• 15 ml heuning

Verhit oond tot 100 °C. Plaas twee koppies kookwater in ’n groot mengbak en roer die heuning daarin totdat dit heeltemal opgelos is. Laat eenkant afkoel. Sny die appels met ’n mandoliensnyer of baie skerp mes in dun skywe en plaas in die heuningwater. Spuit twee afkoelrakke met kleefwerende kossproei. Pak die appels effens uitmekaar daarop. Plaas in die warm oond vir sowat ’n uur. Draai die appels om en droog in die oond vir nog ’n uur. Skakel die oond af en laat die appels saam met die oond afkoel vir sowat nog ’n uur. Dit sal verseker dat dit lekker bros is.