MAAK SOWAT 40 BALLETJIES

• 60 g (125 ml) hawermout

• 250 g gemengde neute, gerooster

• 250 g ontpitte vars dadels of

gedroogde dadels

• 5 ml vanieljegeursel

Plaas die hawermout in ’n voedselverwerker en pols tot ’n fyn meel. Gooi uit in ’n mengbak. Pols die neute in ’n voedselverwerker tot fyngekap, maar met nog ’n bietjie tekstuur, en plaas eenkant. Sit die dadels in die voedselverwerker en pols tot ’n pasta vorm (indien jy gedroogde dadels gebruik, week eers in kookwater vir ’n paar minute tot sag). Voeg die neute, hawermoutmeel en vanielje by en pols tot dit ’n stywe mengsel vorm. Rol die mengsel in klein balletjies. Bêre in ’n lugdigte houer.