MAAK SOWAT 12 KLEIN FRIKKADELLE

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, fyngerasper

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 400 g hoenderborsies, in groot blokkies gesny

• 200 g oorskietpatat, fyngedruk

• 1 eier

Verhit die olyfolie in ’n kleefvrye pan. Braai die ui en knoffel saam tot sag en gaar. Verwyder uit die pan en laat heeltemal afkoel. Plaas die hoenderborsies in ’n voedselverwerker en pols tot ’n fyn mengsel. Skep uit in ’n goot mengbak. Voeg die uiemengsel, patat en eier by en meng goed deur. Rol klein frikkadelle. Braai in ’n kleefvrye pan met ’n bietjie olyfolie tot goudbruin en gaar. Sit voor met Griekse-styl jogurt, babaworteltjies, babamielies, komkommer, suikerertjies en kersietamaties.