GENOEG VIR SOWAT 15 PLAATKOEKIES

• 375 ml hawermout

• 5 ml kaneel

• 7,5 ml bakpoeier

• knippie sout

• 230 g (250 ml) gaar soetpatat, fyngedruk

• 130 g (1 medium) piesang, fyngedruk

• 250 ml melk

• 1 eier

• 30 ml kanola-olie

• 2,5 ml vanieljegeursel

• 125 g bloubessies

Pols die hawermout fyn in ’n voedselverwerker. Plaas die fyn hawermout, kaneel, bakpoeier en sout in ’n mengbak. Voeg die patat, piesang, melk, eier, olie en vanieljegeursel by en meng tot dit ’n gladde beslag vorm. Verhit ’n kleefvrye pan oor medium hitte. Spuit liggies met kleefwerende kossproei. Skep eetlepels vol beslag in die pan en plaas so 3 of 4 bloubessies op die nat deeg. Draai die plaatkoekies om wanneer borrels aan die bokant begin vorm. Braai nog sowat 1 minuut tot gaar. Herhaal met die res van die beslag. Sit voor met heuning en geroosterde amandels. Die gaar koekies kan ook gevries word vir die kosblik.