genoeg vir 6-8

  • 45 ml olyfolie
  • 250g blokkies spek
  • 2 sagte avokado’s, geskil en ontpit
  • 1x200 g-houer basiliekruid-pesto
  • 1x500 g-sak pastaskulpe van jou keuse
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 g parmesaan-kaas, fyngerasper

Verhit olie tot warm in groot braaipan en braai spek tot goudbruin en bros. Hou eenkant. Druk avokado fyn met vurk en voeg pesto by. Meng goed. Maak pasta gaar volgens aanwysings op pak en dreineer. Voeg gaar pasta en spek by avokado-mengsel. Geur goed met sout en peper. Meng deur en sit voor met parmesaan-kaas.