(6 porsies)

Jy benodig

  • halwe Engelse komkommer, geskil en in groot stukke gekap
  • 1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in groot stukke gesny
  • 1 rooi-ui, in groot stukke gesny
  • 200 ml hoender-aftreksel
  • hand vol vars basiliekruidblare
  • 60 ml olyfolie
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sit die komkommer, soetrissie en ui in ’n versapper en verpulp. Voeg die hoender-aftreksel, basiliekruid, olyfolie en tamaties by. Verpulp weer. Geur die sop met sout en swartpeper en gooi in ’n bak. Maak toe met kleefplastiek. Plaas in die yskas vir minstens 4 - 6 uur. Verkieslik oornag. Sit voor saam met soetrissie-salsa.

Soetrissie-salsa

  • 1 klein geel soetrissie, in klein blokkies gesny
  • 1 klein rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
  • halwe Engelse komkommer (met die skil), in klein blokkies gesny
  • 125 ml crème fraîche
  • vars basiliekruidblare

Meng die soetrissies en komkommer. Skep ’n eetlepel crème fraîche bo-op die sop. Skep van die soetrissie-salsa bo-op en garneer met ’n vars basiliekruidblaar.


Om te drink

Delheim Pinotage Rosé