(6 porsies)

  • 45 ml botter
  • 2 uie, fyngekap
  • 1 Granny Smith-appel, gerasper
  • 500 ml botterskorsie, in blokkies gesny
  • sap van 1 lemoen
  • 45 ml meel
  • 10 ml kerriepoeier
  • knippie fyn neutmuskaat
  • 5 ml suiker
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 500 ml klappermelk
  • sout na smaak
  • room vir garnering
  • fyngekapte pietersielie vir garnering

Smelt die botter in 'n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die appel, botterskorsie en lemoensap by. Verhit tot kookpunt. Gooi die meel, kerriepoeier, neutmuskaat, suiker en hoenderaftreksel by en laat stadig kook totdat die botterskorsie sag is. Voeg die klappermelk by en meng goed. Laat afkoel en verpulp in 'n voedselverwerker tot glad. Gooi nog klappermelk of water by as die sop te dik is. Geur met sout en rond af met room en fyngekapte pietersielie.