(sowat 300ml)

  • 200g sagte botter
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 15ml vars roosmaryn, gekap
  • 15ml vars origanum, gekap
  • 10ml vars tiemie, gekap
  • 15ml vars pietersielie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Klop die botter tot lig en romerig met 'n houtlepel. Voeg res van die bestanddele by en meng goed saam. Geur met sout en swartpeper. Hou jou kruiebotter buite die yskas terwyl jy jou steak braai om seker te maak dit bly lekker sag en maklik om te skep.