Cherry Time™-kersies-broodpoedingkoek 

genoeg vir 8

  • 8 croissants
  • 1 x 300 g piesangbrood
  • 1 liter melk
  • 5 eiers
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 10 ml kaneel
  • 400 g kersies, ontpit en grofgesny
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 100 g donkersjokolade, grofgekap
  • 500 ml vanieljevla vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Breek die croissants in kleiner stukke en plaas in ’n groot mengbak. Krummel die piesangbrood in kleiner stukke en voeg by die croissants. Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Maak seker alles is goed bedek. Spuit ’n 3 liter-Bundtpan met kleefwerende kossproei en skep die mengsel in die koekpan. Bak die poeding vir 20-25 minute of tot goudbruin en gestol. Keer uit op ’n opdienbord en giet die vla oor. Sit voor. 

Herman se kersiebroodpoeding

Vars Cherry Time™-kersies, op jou voorstoep! 

Dis weer daai tyd van die jaar. Die son word vroeër wakker en hang ’n bietjie hoër in die lug. Dis somertyd. Tyd vir vakansie, familie, Kersfees en kersies. Sorg vir soete tye dié somer en bestel vroegtydig jou Cherry Time™-kersies aanlyn by www.cherrytime.co.za.

Moenie die sonskyndae sonder kersies ingaan nie – Cherry Time™ lewer op jou voorstoep af in dele van die Wes-Kaap en nou ook in Johannesburg, Pretoria en Durban. Altyd vars.

Vir elke Cherry Time™-produk wat verkoop word, word ’n deel van die wins terug in plaasgemeenskappe geploeg. Besoek die Cherry Time™-webtuiste vir meer inligting. Bepalings en voorwaardes geld.Cherry Time™ is ook beskikbaar by uitgesoekte Pick n Pay winkels.

PLUS: Een gelukkige SARIE-leser kan 4 kg Cherry Time™-kersies wen. SMS "Cherry Time" met jou naam, van en kontaknommer na 35409. SMS'e kos R1.50 elk. 

Cherry Time