(4 porsies)

  • 500 g lamsvleis-blokkies
  • 12 baba-eiervrugte, gehalveer
  • 6 kebabstokkies, geweek in water
  • 60 ml olyfolie
  • 15 ml komynsaad
  • 1 klein brandrissie, gekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 250 ml warm hoenderaftreksel
  • 30 ml botter
  • 250 ml koeskoes
  • hand vol vars koljander, gekap
  • 250 ml jogurt

Ryg vleisblokkies en eiervrug op kebabstokkies in. Meng olyfolie, komynsaad, brandrissie, sap en skil van suurlemoen saam en gooi oor kebabs. Geur goed met sout en swartpeper. Verhit riffelpan tot die rook letterlik daaruit trek. Braai kebabs tot goudbruin en gaar, sowat 5 - 8 minute per kant. Meng warm aftreksel en botter. Sit koeskoes in 'n middelslag-mengbak en gooi aftreksel oor. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir 5 minute of tot vloeistof geabsorbeer is. Roer met 'n vurk los en geur goed. Meng gekapte koljander deur. Sit warm koeskoes voor met gaar kebabs en jogurt.