(4 porsies)

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 155 g botter
  • 30 ml yskoue water
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 5 ml komynsaad
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 500 g lamsvleis, in blokkies gesny
  • 250 g wit sampioene
  • 250 ml beesvleisaftreksel
  • 1 takkie roosmaryn
  • 250 ml room
  • 200 g bevrore ertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 160?C. Plaas meel en botter in 'n voedselverwerker.Verwerk tot die tekstuur van growwe broodkrummels. Gooi water by en verwerk tot deeg bymekaarkom. Draai toe
in kleefplastiek en verkoel terwyl jy die vulsel maak. Verhit olyfolie in 'n groot braaipan. Braai ui, knoffel en komynsaad saam totdat dit begin verkleur.Voeg lam en sampioene by en braai
vir sowat 10 minute tot goudbruin. Gooi aftreksel en roosmaryn by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 20 - 25 minute of tot die lam sag is. Voeg room by en laat prut totdat 'n dik sous
vorm.Roer laaste die bevrore ertjies by en geur goed met sout en peper. Laat afkoel. Rol koue deeg tot 3 mm dik op 'n meelbestrooide oppervlak uit. Sny ronde sirkels van 15 cm. Skep van
die vulsel op die een helfte van die sirkel en vou toe met die ander helfte. Seël dig deur die rante saam te druk. Bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin.