(6 porsies)

  • 10 heel knoffelhuisies
  • 1 (2 kg) lamsboud
  • 6 roosmaryntakkies
  • 45 ml olyfolie
  • 2 uie, grofgekap
  • 200 g tamatiepasta
  • 750 ml rosé-wyn
  • 500 ml beesaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 300 g babawortels, geskil

Verhit oond tot 200 °C. Gebruik 'n skerp mes en steek 10 gate oral in boud. Druk 'n knoffelhuisie in elke gat. Plaas roosmaryn bo-op vleis en bind stewig vas met kombuistou. Verhit olyfolie tot warm in 'n groot braaipan. Braai boud vir 5 minute per kant of tot goudbruin. Haal uit pan en plaas in groot oondvaste bak met deksel. Braai uie in pan tot begin verkleur. Voeg tamatiepasta, wyn en aftreksel by. Bring tot kookpunt. Gooi oor vleis. Geur met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en oondrooster vir 3 uur met deksel op. Haal uit oond en voeg wortels by. Sit terug en oondrooster vir nog 30 minute. Sit lam warm voor.