genoeg vir 6

• 500 g lamsmaalvleis

• 1 ui, baie fyn gekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• hand vol vars koljander, fyngekap

• 250 g bruin sampioene, baie fyn gekap in voedselverwerker

• 1 eier

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 45 ml olyfolie

Blomkoolpuree

• 45 ml olyfolie

• 250 g spek, in blokkies gesny

• 1 ui, fyngekap

• 600 g blomkoolstukke

• 250 ml melk

• sout en varsgemaalde peper

• 1 rooi brandrissie, fyngekap

Verhit oond tot 180 °C. Meng maalvleis, ui, knoffel, koljander en sampioene saam. Voeg eier by en geur goed met sout en peper. Meng goed. Verdeel mengsel in 18 balletjies en rol in netjiese balle. Verhit olie tot warm in braaipan en braai frikkadelle tot goudbruin – sowat 5 minute. Plaas in oond en bak verder tot gaar – 10–15 minute. Terwyl frikkadelle bak, maak blomkool: Verhit olie tot warm in groot pot. Voeg spek en ui by. Roerbraai 5–8minute of tot bros. Voeg blomkool by en roerbraai nog 2 minute. Gooi melk by en plaas deksel op pot. Kook 8–10 minute of tot blomkool sag en pap is. Geur baie goed met sout en peper. Voeg rissie by en verpulp met staafmenger tot glad – voeg nog melk by as mengsel te dik is. Skep in opdienbak en skep gaar frikkadelle bo-op. Sit voor.