(4 - 6 pasteie)

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 5 ml fyn koljander
  • 2 ml komynsade
  • 10 ml Garam-masala
  • 500 g lamsvleis-blokkies
  • 250 g sampioene, gehalveer
  • 125 ml room
  • 125 ml beesvleis-aftreksel
  • 1 takkie roosmaryn, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 x 500 g-rol blaardeeg
  • 1 eier, geklits bruinsous
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml meel
  • 300 ml beesvleis-aftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie en botter tot warm in 'n mediumgroot pot. Plaas ui en knoffel in pot en braai vir 5 minute of tot begin verkleur. Voeg speserye by en braai vir nog 2 minute.Voeg lam en sampioene by en braai tot bruin. Gooi room, aftreksel en roosmaryn by.Verlaag hitte en laat stadig prut vir 15 minute of totdat vleis gaar is. Geur goed met sout en swartpeper.Gooi mengsel in 'n oondvaste pasteibak met 'n volume van 25 x 20 x 8 cm. Sny blaardeeg sowat 2 cm groter as die bak en plaas op vleis. Druk deeg stewig teen rand van die bak vas en maak 'n klein gaatjie in die middel. Sny patrone uit orige deeg en sit bo-op.Verf met geklitste eier. Bak vir 25 - 30 minute of tot goudbruin. Terwyl die pastei bak, kan jy solank die sous maak: Verhit olyfolie tot warm in 'n mediumgroot pot. Voeg ui en knoffel by en braai tot goudbruin. Voeg meel by en meng goed. Gooi aftreksel by en laat stadig prut tot 'n dik sous terwyl jy roer. Sit warm pastei met sous en slaai van jou keuse voor.