• 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 60 ml ongesoute botter
  • 60 ml suiker
  • 15 ml gekapte laventel
  • 150 ml melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die meel en bakpoeier saam. Vryf die botter in die meel tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die suiker en gekapte laventel by die meelmengsel. Voeg nou genoeg melk by om ’n stywe deeg te vorm. Druk die deeg plat op ’n meelbestrooide oppervlak en sny die skons uit met ’n koekiedrukker. Plaas die skons op ’n gesmeerde bakplaat en smeer ’n bietjie melk oor elkeen.  Sprinkel met suiker en sit ’n takkie laventel bo-op. Bak vir 10 tot 12 minute. Sit voor saam met konfyt of
roosblaarjellie en geklopte room.