• 1 ham met vel bo-op (ek het 'n 4 kg-ham gebruik)
  • 2 wortels, in groot stukke gesny
  • 1 ui met 6 naeltjies ingedruk
  • 2 lourierblare
  • 5 heel peperkorrels
  • naeltjies om in die kruisies te druk
Glasuursous

  • 250 ml appel- of lemoensap
  • 30 ml bruinsuiker
  • 30 ml heuning
  • 5 ml gemmer

SÓ maak mens:

  1. Plaas ham in 'n groot kastrol en bedek met koue water. Voeg al die ander bestanddele by en bring tot kookpunt op stoof. Die kooktyd van die ham hang af van hoeveel dit weeg. Vir elke 500 g kook jy dit 30 minute.
  2. Verwyder die kastrol van die hitte wanneer jy jou verlangde kooktyd bereik het. Laat vir minstens 'n halfuur afkoel in die water. Haal die ham versigtig uit en trek die vel af.
  3. Sny kruisies in die vetgedeelte van ham en druk 'n naeltjie in die middel van elke blokkie.
  4. Sit die ham in 'n groot oondbak. Meng die bestanddele vir die glanssous. Verhit al die bestanddele saam in 'n kastrol. Roer tot suiker opgelos is. Gooi die glanssous oor die ham en plaas ham in 'n oond wat verhit is tot 180 °C. Bak ham vir 1 uur en bedruip dit elke nou en dan met die glanssous. Bedien ham warm of koud. Versier met vars kersies.
'Dis makliker as wat jy dink' Barbara Om te weet:

Bereken hoe lank jou ham moet kook. Trek dan een uur af, want dit bak vir nog 'n uur in die oond. Byvoorbeeld, as die ham 4kg weeg moet dit vir 4 uur kook, maar nou kook jy dit vir 3 uur, want die laaste uur is in die oond.