Koolslaai is altyd ’n treffer, van die braai tot by jou Sondagkuier. Die geheim lê in die sous.

Hier is ’n resep wat jou lewe gaan verander, glo my!

_MG_9224

Jy het nodig

• 250 ml goeie mayonnaise

• 250 ml ongegeurde jogurt

• 250 g pakkie spek, fyngekap en brosgebraai

• 1 rooi-ui, gesny in repies

• 1 hand vol koljander, fyngekap

• 500 g kool-en-wortelmengsel (kyk by supermark se slaai-afdeling)

_MG_9226

Stap 1

Plaas mayonnaise in groot mengbak.

_MG_9234

Stap 2

Voeg jogurt by.

_MG_9239

Stap 3

Voeg spek by.

_MG_9242

Stap 4

Voeg rooi-ui by.

_MG_9245

Stap 5

Voeg koljander by.

_MG_9266

Stap 6

Voeg kool-en-wortel by en meng goed deur. Geur met sout en peper en sit voor.