• 2 uie, in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g maer lamsmaalvleis
  • 4 fetawiele, gekrummel
  • 250 g spinasie, fyngekap 
  • 8 velle fillodeeg
  • 60 ml botter, gesmelt
  • olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit bietjie olyfolie tot warm in groot pot. Voeg ui en knoffel by en roerbraai 2 minute. Voeg maalvleis by en roerbraai nog 5-8 minute of tot korrelagtige tekstuur. Verwyder van hitte en roer feta en spinasie deur. Geur. Plaas een vel fillodeeg op jou werkvlak. Smeer bietjie botter oor en vou die vel in die lengte oormekaar. Smeer weer met botter. Skep van die vulsel op een van die boonste hoeke van die vel en begin vou in ’n driehoekpatroon – soos jy ’n samoesa sal vou. Herhaal met al die vulsel en fillovelle. Plaas op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is en bak vir 10-15 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.