(2 porsies)

Bereiding 8 minute
Bak 20 minute

  • 6 snye ciabatta-brood
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 100 g botter, kamertemperatuur
  • hand vol gekapte pietersielie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Maak seker die botter is baie sag. Meng die knoffel en pietersielie goed deur die botter. Smeer die mengsel dik op elke sny brood. Plaas op ’n bakplaat en bak vir sowat 20 minute tot lekker bros.