(1 groot brood)

  1. 375 ml water
  2. 10 g kitsgis
  3. 10 ml melasse
  4. 10 ml sout
  5. 10 ml karwysaad
  6. 225 g (400 ml) donker rogmeel
  7. 225 g (400 ml) broodmeel

Plaas water, gis, melasse en sout in die bak van ’n elektriese menger. Meng met die K-spaan teen matige spoed tot goed gemeng. Voeg karwysaad, rogmeel en broodmeel by. Verhoog spoed en meng vir 10 – 12 minute of tot mengsel in een bal in die middel van die bak saamkom. Plaas in skoon mengbak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat op warm plek tot dubbel die volume rys. Sif meel oor ’n broodmandjie. Keer deeg op werkvlak uit en doop hande in meel. Vorm deeg in ronde bal en sit in mandjie. Laat rys in yskas tot dubbel die volume (6 – 8 uur). Verhit oond tot 220 °C. Keer gerysde deeg uit op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 30 – 35 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met botter.

Wenk

As jy nie ’n broodmandjie het nie, kan jy die deeg net so op ’n gesmeerde bakplaat laat rys. Sif net voor jy dit in die oond sit ’n bietjie meel oor.