4 porsies

• 100 ml sonneblomolie

• 3 vars groen brandrissies, in skywe gesny

• 10 ml gerasperde vars gemmer

• 4 huisies knoffel, fyngekap

• 3 uie, fyngekap

• 10 ml borrie

• 5 ml fyn komyn

• 5 ml fyn koljander

• 1 stuk heel kaneel

• 30 ml garam-masala (as jy nie van té sterk kerrie hou nie, gooi net 15 ml masala by)

• 6 tamaties, in blokkies gesny

• 1 blik (400 ml) klappermelk

• 8 bevrore stokvisfilette

• handvol vars koljander, grofgekap

Braai die uie in die olie tot sag. Voeg dan die res van die bestanddele by, behalwe die vis. Laat die sous vir 15 tot 20 minute kook en voeg die bevrore visfilette by. Mariana kook die sous oop op die stoof. Laat dit vir 10 minute kook, gooi die vars koljander oor en sit voor.

Sit voor saam met

Basmati-, wit- of bruinrys. Tamatie en uie-sambal - 3 tamaties in klein blokkies gesny, halwe ui (baie fyn gekap), 10 ml asyn en sout en varsgemaalde swartpeper.

Groente-kerrie (Vegetaries)

4 porsies

Vir groente-kerrie volg die kerriesousresep hierbo, maar voeg 350 g murgpampoentjies, 2 geskilde aartappels (in klein blokkies gesny), 3 wortels (in skywe gesny) en 500 g botterskorsie by. Voeg by die sous en kook tot sag.