Dis ’n ou gunsteling in baie Suid-Afrikaners se huise.

Hierdie resep kom uit SARIE KOS en is 'n groot gunsteling onder ons lesers. Barbara Joubert het 'n wenner hier geskep!

genoeg vir 1 tert

• 60 ml Marmite

• 60 ml botter

• 2 ml sout

• 10 ml bakpoeier

• 500 ml meel

• 200 g botter

• 500 ml gerasperde cheddarkaas

• 250 ml melk

• 2 eiers

Sif al die droë bestanddele saam. Smelt die 200 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eier en melk saam en voeg nou by die botter-en-meelmengsel. Roer die gerasperde kaas by. Gooi in gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak in voorafverhitte oond teen 200 °C vir 15 minute. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die botter-en- Marmite-mengsel oor. Sny in blokke en eet warm.

FOTO Mickey Hoyle