genoeg vir 4

  • 1 groot hoender
  • 300 ml harissa-pasta (kyk op die pesto-rak)
  • 100 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g groen olywe, ontpit

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in groot oondbraaipot met deksel. Skep harissa-pasta op hoender en smeer deeglik met vingerpunte oor hoender. Sprinkel olyfolie oor. Geur goed met sout en peper. Maak pot toe en rooster vir 35 minute. Haal deksel af en voeg olywe by. Rooster oop vir nog 10 minute of tot goudbruin. Sit voor met slaai.