(6 klein porsies)

  • sap van 1 suurlemoen
  • 200 g strooisuiker
  • 350 ml water
  • 250 g mascarpone-kaas

Meng die suurlemoensap, strooisuiker en water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer aanhoudend. Bring tot kookpunt en kook stadig vir 10 minute. Laat afkoel. Klits mascarpone tot lig en voeg die stroop by. Vries in ’n vlak bak en roer elke halfuur tot gevries of gebruik ’n roomysmasjien. Ek gebruik klein espressokoppies om die sorbet in voor te sit.