Ongeveer 10 groot tertjies

  • 1 vel blaardeeg
  • 100 ml room
  • 500 g mascarpone-kaas
  • 200 g strooisuiker
  • 4 eiers
  • 50 ml heuning

Gekaramelliseerde pekanneute

  • 100 g pekanneute
  • 100 g suiker

Druk 10 groot sirkels uit die blaardeeg met ’n koekie-drukker. Voer groot muffinpanne (gespuit met Spray & Cook) uit met die blaardeeg. Klits al die vulsel se bestanddele goed saam. Gooi die vulsel in die muffinpanne. Plaas vir 20 minute in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C. Draai dan die oond laer na 160 °C en bak vir nog 15 minute. Skakel die oond af en laat die tertjies in die oond afkoel. Maak intussen die gekaramelliseerde neute. Smelt die suiker in ’n pan oor lae hitte. Voeg die pekanneute by sodra die suiker gesmelt en gekaramelliseer is. Skep 10 eetlepels vol op gesmeerde bakpapier en laat afkoel. Wees versigtig: Die suiker word baie warm en jy kan brand. Plaas bo-op elke tertjie.