(8 - 10 snye)

  • 500 g gekoopte deeg
  • 200g kersietamaties
  • 1 pakkie ontpitte olywe
  • 3 wiele (150 g) fetakaas, grofgebreek
  • 30ml origanum, gekap
  • 30ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ekstra meel vir sif

Verhit oond tot 200ºC. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sif meel op werkoppervlak. Druk deeg met jou handpalm plat op die meel tot sowat 3cm dik. Strooi tamaties, olywe, feta en kruie oor deeg. Rol deeg stewig op sodat vulsel binne vasgevang word. Vou laaste stuk van rol onder die brood in. Plaas op bakplaat en maak 'n sny boop
brood. Sprinkel olyfolie oor en geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 25 - 30 minute of tot goudbruin en gaar.

Wenk: Bestel die deeg by jou supermark 'n dag voor jy dit nodig het.