Rolkoek

  • 4 eiers geskei
  • 50 ml koue water
  • 250 ml strooisuiker
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml vanielje
  • knippie sout
  • 45 ml appelkooskonfyt of aarbeikonfyt
  • suiker om rolkoek in te rol

Metode

  1. Smeer ’n rolkoekpan van 400 mm x 270 mm goed en voer die bodem uit met waspapier. Smeer die waspapier ook goed en strooi dit met koekmeel.
  2. Klits die eiergele, water en strooisuiker totdat dit liggeel en romerig is.
  3. Sif die koekmeel en bakpoeier saam en roer dit by die eiermengsel. Roer die vanieljegeursel by.
  4. Klits die eierwitte styf. Voeg die sout by terwyl dit geklits word.
  5. Vou die eierwitte by die eiergeel mengsel in en vermeng dit egalig.
  6. Gooi die beslag in die voorbereide pan.
  7. Bak vir 10 minute in ’n voorverhitte oond by 200°C.
  8. Bestrooi ’n klam doek met suiker en keer die rolkoek daarop uit.
  9. Trek die waspapier versigtig af en sny die kante netjies. Smeer die konfyt oor en rol die koek met behulp van die doek op.
  10. Sny in skywe.

Die res van die lae

  • 1 pakkie pynappeljellie of enige geur waarvan jy jou, opgelos in 375 ml kookwater
  • 300 ml room
  • 750 ml vla
  • 1 botteltjie marachino kersies, gedreineer
  • 2 stukke gemmerkonfyt gekap
  • 200 ml soetwyn
  • 100 g okkerneute of pekanneute gekap

Metode

  1. Stol die jellie in yskas.
  2. Snipper marachino kersies en meng met gemmerkonfyt stukkies.
  3. Plaas ’n laag rolkoek onder in ’n glasbak. Sprinkel van die wyn bo-oor rolkoek.
  4. Strooi ’n laag kersie-mengsel en neute bo-oor en bedek met ’n laag vla
  5. Kap jellie in blokkies
  6. Klits room styf
  7. Skep die room bo-op die vla
  8. Sprinkel die jellie-blokkies bo-oor as versiering