(12 porsies)

  • 800 g suiker
  • 250 g botter
  • 250 ml melk
  • 250 ml kondensmelk
  • 10 ml vanielje
  • 10 ml fyn kaneel

Plaas al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt terwyl jy oor lae hitte met ’n houtlepel roer. Hou aan roer tot mengsel goudbruin kleur kry, sowat 25 – 30 minute.

Verwyder van hitte en klits op lae spoed met elektriese handklitser tot mengsel romerig is.

Spuit pan van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei en keer mengsel daarin uit. Laat afkoel tot koud en gestol. Keer uit op kapplank en sny fudge in 1,5 x 15 cm-skywe met ’n skerp mes.

Draai elkeen in bakpapier toe soos lekkergoed.

Sit voor met koffie.

Wenk

Wees versigtig wanneer jy die melktert-fudge kook. Die mengsel is vuurwarm en kan jou baie seer brand.