(1 roulade)

  • 300 g witsjokolade, grofgekap
  • 250 ml room
  • 4 eierwitte
  • 60 g strooisuiker
  • 15 ml mielieblom
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 g bevrore frambose

Verhit oond tot 160 °C. Bring room tot kookpunt en gooi bo-oor 200 g van die gekapte sjokolade. Roer tot gesmelt en plaas in yskas tot yskoud. Gebruik 'n elektriese klitser en klits die koue mengsel tot dik en romerig. Hou eenkant.Voer 'n bakplaat met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Klits eierwitte tot sagte punte vorm terwyl jy die strooisuiker geleidelik byvoeg. Hou aan klits tot blink en styf.Vou mielieblom en vanieljegeursel in.Versprei die eierwitmengsel eweredig op die bakplaat en maak gelyk. Bak vir 15 minute of totdat die bokant goudbruin is. Keer uit op skoon bakpapier en smeer geklitste sjokolade oor meringue. Gebruik die papier en rol die meringue stewig op. Smelt die res van die sjokolade in 'n bak oor kookwater. Gooi oor roulade saam met gevriesde bessies. Sit voor.