• 1 ui, fyngekap
  • 500 g maer beesmaalvleis 
  • 2 x 410 g-blikke rooibone, gedreineer 
  • 2 groen brandrissies, fyngekap
  • 1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer 
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 250 ml gekoopte guacamole
  • olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oor hoë hitte bietjie olyfolie in groot pot. Voeg ui by en braai vir 1 minuut. Voeg maalvleis by en roerbraai vir 5-8 minute of tot korrelagtige tekstuur. Voeg bone, brandrissie, mielies en tamaties by. Geur goed met sout en peper en meng deur. Laat prut vir 15-20 minute of tot geurige sous vorm terwyl jy af en toe roer. Smeer guacamole op dienborde. Skep warm vleissous bo-op en sit voor met brood van jou keuse.