(4 porsies)

  • 250 g repiespek, in blokkies gesny
  • 3 vars knoffelhuisies, fyngedruk
  • bietjie olyfolie om die spek in te braai
  • 2 blikke rooibone
  • 1 blik keker-ertjies (chickpeas)
  • 2 rooi brandrissies, in skywe gesny
  • 3 tamaties in kwarte
  • 100 ml rooiwyn
  • 5 ml gedroogde tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Braai die spek en knoffel in ’n bietjie olyfolie tot lekker bros. Voeg nou die res van die bestanddele by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Kook oop op ‘n stoofplaat vir sowat 15 tot 20 minute. Ek waarborg jou, as jy mal is oor bone, sal hierdie gereg altyd ’n wenner wees.

Sit voor saam met
Wit- of bruinrys, of (soos my kinders maak) sit gerasperde cheddarkaas bo-op.