Gemarineerde fetakaas

  • 250 g fetakaas
  • 30 ml olyfolie
  • 10 ml gemengde droë kruie
Sny feta in klein blokkies. Meng olyfolie en kruie en gooi oor feta. Piquanté-soetrissie-hoemoes
  • 60 g kekerertjies (chickpeas)
  • 15 g tahini-pasta
  • 5 ml fyn komyn, gerooster
  • 30 ml suurlemoensap
  • 60 ml olyfolie
  • 30 g piquanté-soetrissies (Peppadew™), fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Week kekerertjies oornag in water. Spoel af en plaas in kastrol. Bedek met water en kook vir sowat 1 uur of tot sag. Dreineer en plaas warm in voedselverwerker. Voeg tahini-pasta en komyn by. Meng goed. Voeg suurlemoensap en olyfolie by en meng tot ’n gladde pasta. Voeg piquanté-soetrissies by. Geur met sout en swartpeper.

Gemarineerde groen en swart olywe

  • 50 ml olyfolie
  • 1 klein vars roosmaryn-takkie, fyngekap
  • 150 g swart olywe
  • 150 g groen olywe

Verhit olyfolie en roosmaryn in ’n pan. Laat afkoel. Voeg olywe by en laat eenkant staan om te marineer.

Biltong-gegeurde roomkaas

  • 60 g gekerfde droë biltong
  • 250 g sagte roomkaas

Verwerk biltong in voedselverwerker tot fyn poeier. Voeg roomkaas by en meng goed.