(sowat 400ml)

  • 15ml olyfolie
  • ½ ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 100g spek
  • 30ml witwyn
  • 15ml rooiwyn-asyn
  • 250ml beesvleis-aftreksel
  • 250ml room
  • 30ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olyfolie in 'n kastrol. Braai ui, knoffel en spek vir 5 - 8 minute tot goudbruin. Gooi witwyn en rooiwyn-asyn by en laat kook vir so 3 minute totdat die helfte weggekook het. Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat prut stadig vir sowat 10 - 12 minute totdat vloeistof met die helfte verminder het. Voeg room by en laat weer stadig prut totdat helfte weggekook het.
Gooi die hele mengsel deur 'n sif. (Gooi weg wat in die sif agterbly.) Roer mosterd by en geur goed met sout en peper. Moenie die sous weer op die hitte sit as jy die mosterd bygeroer het
nie, dit sal 'n bitter smaak kry.