(4 porsies)

  • 2 pakkies (700 g) murgpampoentjies
  • 15 ml hoenderaftrekselpoeier
  • 200 ml water
  • 200 ml melk
  • 250 ml room
  • 1 ml fyn neutmuskaat
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 pakkie spriet-uie, in klein skywe gesny

Was die murgpampoentjies deeglik. Sny die kante af en sny in groot stukke. Bring die 200 ml water saam met die hoenderaftrekselpoeier tot kookpunt en gooi die murgpampoentjies in. Laat kook tot sag. Maak die mengsel fyn in ’n versapper of voedselverwerker. Dit lyk nou soos groen babakos! Verdun met die melk en room en verhit weer. Voeg die neutmuskaat by en geur met sout en peper. As jy van iets bros hou, gooi die gekapte spriet-uie bo-op.

Sit voor saam met
Warm broodrolletjies en lekker kaas

Botterskorsiesop (Vegetaries)
(4 porsies)
Berei dit presies soos die murgpampoentjiesop, vervang net deur 500 g botterskorsies.

Sit voor saam met
Warm roosterbrood