(4 - 6 porsies)

  • 4 eiers
  • 30 g kappertjiesaad
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • hand vol pietersielie, gekap
  • 60 ml olyfolie
  • sap en skil van 3 suurlemoene
  • 100 g slaaiblare van jou keuse
  • 500 g groenbone, gedompel in kookwater
  • 500 g baba-aartappels, gekook tot gaar
  • 1 ui, in dun ringe gesny
  • 400 g tuna, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Bring 'n pot met water tot kookpunt. Sit heel eiers in water en kook 5 minute vir sag, of langer soos jy verkies. Dop eiers af. Meng kappertjies, knoffel, pietersielie, olyfolie, suurlemoensap en -skil vir slaaisous. Plaas slaaiblare op opskepskottel, gevolg deur groenbone. Halveer aartappels en plaas op slaai. Sprinkel uie en tuna-stukke oor.Halveer eiers en pak op slaai. Gooi slaaisous oor. Geur met sout en swartpeper en sit voor.

wenk
Jy kan die geblikte tuna met repies rou, vars tuna vervang as jy wil.