• 200 g nougat
  • 200 g melksjokolade
  • 250 ml room

Breek die nougat en sjokolade in stukke en gooi dit saam met die room in ‘n kastrol. Laat dit op ’n baie lae stoofplaat smelt. Roer elke nou en dan, maar moenie dat dit kook nie - hou die temperatuur laag. Wanneer alles gesmelt is, laat dit afkoel en hou in die yskas. Jy kan dit onmiddellik voorsit - so warm oor roomys. Lekker dekadent!