• 250 g donker sjokolade (70%)
  • 350 g ongesoute botter
  • 300 g okkerneute 
  • 4 eiers, geskei
  • 220 g strooisuiker

Verhit jou oond tot 160 °C. Smeer ’n 25 cm-koekpan en voer met bakpapier uit. Kap die okkerneute fyn in ’n voedselverwerker. Breek die sjokolade stukkend en smelt dit saam met die botter oor warm water. Maak seker die water kook nie onder in die kastrol nie. Klits die eiergele en voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by tot lig van kleur. Voeg die gesmelte sjokolade-botter-mengsel stadig by en vou die okkerneute in. Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel. Gooi in koekpan en bak vir 10 minute op die oond se middelrak. Stel dit ná 10 minute laer tot op 150 °C en bak vir nog 45 minute. Toets met ‘n pen en maak seker dit is droog. Indien nie, laat nog verder bak. Haal uit en laat in die pan afkoel.