• 500 g (890 ml) koekmeel
  • 500 ml water
  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis
  • 10 ml sout
  • 200 g olywe, ontpit en grofgekap
  • ekstra koekmeel vir oorsif

Verhit oond tot 220 °C.

Plaas al die bestanddele, buiten die olywe, in die bak van ’n elektriese menger. Gebruik die mengspaan (K-Beater) en meng die beslag op die hoogste spoed tot alles in een bal saamkom in die middel van die bak, sowat 10 – 12 minute.

Gooi olywe by en meng nog 1 minuut. Maak bak toe met kleefplastiek en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute.

Sif ’n dik laag meel op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Keer die deeg versigtig op die bakplaat uit. Gebruik jou vingerpunte en vorm die deeg in ’n langwerpige brood. Plaas dadelik in oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Wenk

Die deeg is baie loperig en glad nie soos gewone brooddeeg wat jy met jou hand kan knie nie.