(6 porsies)

  • koekmeel vir uitrol
  • 500 g-sakkie winkeldeeg
  • 200 g gemengde olywe, ontpit
  • olyfolie vir oorsprinkel
  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • growwe sout na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Sprinkel koekmeel op werkoppervlak en keer deeg daarop uit. Druk plat met jou hande tot sowat 2 cm dik. Strooi olywe oor helfte van deeg en vou ander helfte bo-oor.Druk deeg stewig vas. Gebruik skerp mes en sny 12 repe deeg.

Rol met handpalms tot lang wors van sowat 30 cm lank. Plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Sprinkel olyfolie en parmesaankaas oor, gevolg deur ’n bietjie growwe sout. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin en bros. Sit voor.

* Nog lekker fliekgeregte in jou Oktober-uitgawe van SARIE, van Maandag 17 September 2012 op straat.