(6 porsies)

  • 50 g botter, gesmelt
  • 60 g bruinsuiker
  • 5 piesangs
  • 2 eiers
  • 100 g suiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 50 g sagte botter
  • 120 g meel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 20 g kakao
  • 75 ml melk

Verhit oond tot 180 °C. Verdeel gesmelte botter in drie 15 x 8 cm oondbakkies en sprinkel 60 g bruinsuiker bo-oor. Sny die piesangs in skywe en plaas bo-op die suiker. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig.  Klits vanieljegeursel en sagte botter by die suiker-en-eiermengsel. Sif meel, bakpoeier, sout en kakao saam en voeg om die beurt met die melk by die suikermengsel. Skep beslag oor piesang en bak vir 40 minute in warm oond. Haal uit en laat staan vir ’n paar minute. Keer uit en sit warm voor.