(6-8 porsies)

  • 1 ontbeende lamsboud, gebind met tou
  • 4 knoffelhuisies
  • 2 vars roosmaryntakke
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 8 middelslagaartappels, geskil
  • 150 ml olyfolie
  • 15 klein rosatamaties
  • 200 g fetakaas, gebreek in blokke

Maak klein snytjies in die lamsboud en druk die knoffelhuisies en roosmaryntakke in die snye.Gooi die suurlemoensap oor die lamsboud en geur met sout en swartpeper. Sny die aartappels in skywe en pak dit in ’n oondbak. Geur met sout en swartpeper. Gooi die olyfolie oor die boud en aartappels. Maak die bak toe met tinfoelie. Plaas in ’n warm oond teen 180 °C. Haal die tinfoelie ná 30 minute af. Daar sal nou baie sap in die bak wees. Plaas terug in die oond vir nog 30 minute. Haal uit en sit die fetakaas en tamaties rondom die lamsboud en bak vir nog sowat 20 minute.  Jy kan die bokmelk-fetakaas vervang met feta gemaak van koeimelk.